- Бизнес-Книги
- Боевики
- Детективы
- Детские книги
- Дом, Семья
- Зарубежная литература
- Искусство
- Классика
- Книги по психологии
- Компьютеры
- Любовные романы
- Наука, Образование
- Периодические издания
- Повести, рассказы
- Поэзия, Драматургия
- Приключения
- Публицистика
- Религия
- Современная проза
- Справочники
- Фантастика
- Фэнтези
- Юмор
Deborah Steinmair — Die Neus
Понравилась книга? Поделись в соцсетях:
Автор: Deborah Steinmair
Издатель: Ingram
ISBN: 9780798158251
Описание: ’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik.– Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk.– Linda RodeDit is die soort boek wat lesers gaan boei vanwe? ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral onderhoudend.– Louise Viljoen